Ons almal twyfel soms in onsself
Toe ek vanoggend begin hardloop het, het ek nie gedink ek sou die hele lopie voltooi nie. Toe ek uit die bed klim, het ek 'n effense pyn in my dyspier gevoel, en toe ek begin hardloop, het dit gevoel asof ek uitasem was - en my spiere het seer gevoel. Terwyl ek die eerste paar blokke gehardloop het, het ek besluit om net die helfte van my gewone roete te doen – maar toe het ek gevoel dat selfs dít te veel sou wees. Vir 'n oomblik het ek daaraan gedink om op te gee en terug te keer huis toe.
Maar ek het nie. Ek het besluit om net die halwe roete te doen – met die wete dat ek dan ten minste bdeter oor myself sou voel. So ek het aangehou hardloop. Ná sowat een kilometer het ek beter gevoel – en toe ek naby die punt kom waar ek beplan het om om te draai, het ek besluit om toig verder te hardloop. Ek sou dus 7,5 km doen pleks van net 5 km. So het ek voortgegaan. ’n Paar kilometer verder het ek egter baie beter gevoel en ek het geweet ek kan klaarmaak. Ek het op my horlosie gekyk en gesien ek hardloop stadiger as wat ek gewoonlik doen. Ek het toe besluit om glad nie my tyd na te gaan nie. Ek was bang dat dit my sou demotiveer. So ek het maar aangehou hardloop.
Na 'n rukkie het ek sterk gevoel. Ek het die hardloop begin geniet, soos ek die meeste oggende doen. Toe ek aan die einde van die 10 km kom, was ek verbaas om te sien dat my tyd redelik goed was. Dit was nie my beste lopie nie, maar dit was beslis ook nie die slegter nie!
Dit laat my dink aan 'n paar beginsels wat ek probeer nakom. Die eerste een is “Doen dit net”, die tweede een is “Bly in jou baan”, en die derde is “Hou net aan vorentoe hardloop”. Wel, dit het vandag vir my gewerk. Ek was beslis nie lus om my drafskoene aan te trek nie, maar ek het dit in elk geval net gedoen. Toe het ek begin hardloop, en hoewel ek nie gevoel het dat dit 'n maklike hardloop sou wees nie, het ek aangehou vorentoe. Deur “Bly in jou baan”, verwys ek daarna om nie met enigiemand anders mee te ding nie, maar net met jouself … net jy wat in jou baan hardloop. En hoewel ek nie op daardie stadium geweet het hoe ver en hoe goed ek sou hardloop nie, het ek net vorentoe beweeg. Na 'n rukkie het dinge beter geword, en ek het gemakliker begin hardloop. Op die ou end het ek klaargemaak wat ek begin het, en sedert ek begin het, kon ek klaarmaak. As ek nie begin het deur my drafskoene aan te trek nie, sou ek op die ou end nie die 10 km-hardloop voltooi het nie. Jy moet begin om te kan klaarmaak. Deur net te begin, deur nie te bekommer hoe goed ek sou vaar nie, maar net deur voort te gaan, het ek op die ou end klaargemaak – wat baie beter is as om glad nie te hardloop nie.
• Harold M. Abrahams: If I can't win, I won't run!
Sybil Gordon replies: If you don't run, you can't win.” - Chariots of Fire
• “Everyone runs in her own way, or his own way. And where does the power come from, to see the race to its end? From within.” - Eric Liddell (Chariots of Fire)“
... 'n kort gedagte