DIENSTE
Die kern van lewensafrigting is die geloof dat elke persoon oor die vermoë beskik om enigiets te kan doen of oorwin. Elke individu is uniek, maar elkeen beskik oor die vermoë om sy eie realiteit te skep deur sy gedagtes, voornemens en aksies aan te pas. Dit kan alle areas insluit: persoonlik, besigheid, huwelik of ouerskap, tydbestuur, gewigsverlies en geestelike lewe.
'n Lewensafrigter:
• Help kliënte om blywende verandering en transformasie in hul lewens te skep, in watter lewensarea hulle ook al aan wil werk
• Help kliënte om oplossings vir hul probleme te oordink en 'n werkbare plan van aksie te skep
• Help kliënte om deur die struikelblokke en padversperrings te breek wat hulle weerhou van die lewe wat hulle verlang
• Is 'n bron van aanmoediging en ondersteuning vir hul kliënte, wat hulle help om op te tree en die beste weergawe van hulself te word
• Tree op as 'n aanspreeklikheidsvennoot deur hul kliënte verantwoordelik te hou vir aksie.
Indien jy hulp nodig het met enige van die bogenoemde kan jy gerus 'n afspraak maak.
Vir meer inligting stuur 'n epos aan reansteenkamp@gmail.com
of bel my by 083 325 6700.